Die Woord vir Donderdag 17 September 2026
Maak die volk vir My bymekaar dat Ek hulle my gebooie wat hulle moet ken, kan meedeel sodat hulle My kan dien so lank hulle in hierdie land lewe en sodat hulle my gebooie vir hulle kinders kan leer.
Deuteronomium 4:10
Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.
1 Samuel 12:24
Bybeltekste Bybel in Afrikaans (C) Aanhalings uit die Bybel in Afrikaans (1983-vertaling) met verlof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. https://www.bybelgenootskap.co.za/