Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

"Die Woord" van bible2.net - twee aanvullende Bybeltekste vir elke dag van die jaar

  • for your daily Bible reading: two verses complement each other
  • display God's word on your website
  • read God's word in dialects

Die Woord vir Donderdag 9 Mei 2024

Jesus sê vir sy dissipels:

Kyk, daar kom 'n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is.

Johannes 16:32

Christus sê:

Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.

Matteus 28:20

Johannes 16

31 Daarop sê Jesus vir hulle: "Glo julle nou?
32 Kyk, daar kom 'n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is.
33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin."

Matteus 28

19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en
20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."

"Die Woord" van bible2.net

  • vir elke dag van die jaar twee aanvullende Bybelverse
  • goed leesbaar op onderskeidelike reëls gerangskik
  • op die slimfoon, tablet of rekenaar, as e-boek, kalender nota en sluimerskerm
  • asook op u webwerf
  • in meer as 25 tale en Bybelvertalings
  • kosteloos
  • Die Woord is ʼn voorsmaak vir die volledige Bybel. Dis ʼn daaglikse impuls, om God persoonlik te ontmoet!

More About us...