Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< Die Woord vir Woensdag 18 Junie 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Christus is as mens doodgemaak, maar deur die Gees lewend gemaak.

1 Petrus 3:18

Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

Romeine 8:11

1 Petrus 3 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

15 In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.
16 Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon bly, sodat dié wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daaroor skaam kan kry dat hulle kwaad van julle gepraat het.
17 As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen.
18 Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring, Christus wat as mens doodgemaak is, maar deur die Gees lewend gemaak is.
19 En so het Hy na die geeste in die gevangenis gegaan en daar sy oorwinning aangekondig.
20 Dit is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly het toe Hy groot geduld met hulle aan die dag gelê het in die tyd toe Noag die ark gebou het. Net 'n klein klompie in die ark, ag in getal, is deur die water gered.
21 Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop is nie 'n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar 'n bede tot God om 'n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus.

Read more...(to top)

Romeine 8 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

8 Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie.
9 Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie.
10 Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde.
11 Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
12 Daarom dan, broers, staan ons onder 'n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur om daarvolgens te lewe nie.
13 As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe.
14 Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Christ was put to death in the flesh but made alive in the spirit.

1 Peter 3:18

If the Spirit of him who raised Jesus from the dead dwells in you, he who raised Christ Jesus from the dead will also give life to your mortal bodies through his Spirit who dwells in you.

Romans 8:11

1 Petrus 3 (English Standard Version)

15 but in your hearts honor Christ the Lord as holy, always being prepared to make a defense to anyone who asks you for a reason for the hope that is in you; yet do it with gentleness and respect,
16 having a good conscience, so that, when you are slandered, those who revile your good behavior in Christ may be put to shame.
17 For it is better to suffer for doing good, if that should be God's will, than for doing evil.
18 For Christ also suffered once for sins, the righteous for the unrighteous, that he might bring us to God, being put to death in the flesh but made alive in the spirit,
19 in which he went and proclaimed to the spirits in prison,
20 because they formerly did not obey, when God's patience waited in the days of Noah, while the ark was being prepared, in which a few, that is, eight persons, were brought safely through water.
21 Baptism, which corresponds to this, now saves you, not as a removal of dirt from the body but as an appeal to God for a good conscience, through the resurrection of Jesus Christ,

Read more...(to top)

Romeine 8 (English Standard Version)

8 Those who are in the flesh cannot please God.
9 You, however, are not in the flesh but in the Spirit, if in fact the Spirit of God dwells in you. Anyone who does not have the Spirit of Christ does not belong to him.
10 But if Christ is in you, although the body is dead because of sin, the Spirit is life because of righteousness.
11 If the Spirit of him who raised Jesus from the dead dwells in you, he who raised Christ Jesus from the dead will also give life to your mortal bodies through his Spirit who dwells in you.
12 So then, brothers, we are debtors, not to the flesh, to live according to the flesh.
13 For if you live according to the flesh you will die, but if by the Spirit you put to death the deeds of the body, you will live.
14 For all who are led by the Spirit of God are sons of God.

Read more...(to top)