Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)
⛶Die Woord vir Woensdag 9 September 2026
Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.
Nehemia 8:11
Ja, in Hom is ons hart bly, op sy heilige Naam vertrou ons.
Psalm 33:21
Nehemia 8
| 10 Nehemia die goewerneur, die skrifgeleerde priester Esra en die Leviete wat die gemeente onderrig het, het vir die hele gemeente gesê: "Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie." Dit was omdat die hele gemeente gehuil het by die aanhoor van die wet. |
| 11 Nehemia het verder gesê: "Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm." |
| 12 Die Leviete het al die mense gekalmeer met die woorde: "Wees rustig. Dit is 'n gewyde dag, moenie bedroef wees nie." |
Psalm 33
| 20 Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer. |
| 21 Ja, in Hom is ons hart bly, op sy heilige Naam vertrou ons. |
| 22 Hou u liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U. |