Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< Die Woord vir Saterdag 31 Januarie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in sy koninklike mag.

Psalm 93:4

Jesus het toe by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan.

Markus 6:51

Psalm 93 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Die Here is Koning, Hy beklee Hom met majesteit. Die Here beklee Hom, Hy omgord Hom met krag. Die wêreld staan vas, dit wankel nie,
2 en vas staan u troon van ouds af: U is van altyd af daar.
3 Riviere het gedruis, Here, riviere het gedruis, riviere het gedreun,
4 maar hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in sy koninklike mag.
5 U verordeninge staan baie vas. Heiligheid versier u huis, Here, tot in lengte van dae.

Read more...(to top)

Markus 6 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

48 Hy het gesien hulle roei swaar, want die wind was teen hulle. Teen dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom, en Hy wou langs hulle verbygaan.
49 Toe hulle Hom op die see sien loop, het hulle gedink dit is 'n spook. Hulle het hard geskreeu,
50 want hulle het Hom almal gesien en groot geskrik. Maar Hy het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: "Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie."
51 Hy het toe by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan,
52 want hulle het nie werklik verstaan wat die vermeerdering van die brood beteken nie; hulle kon dit nog nie begryp nie.
53 Hulle het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan.
54 Toe hulle uit die skuit klim, het die mense Hom dadelik herken

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Mightier than the thunders of many waters, mightier than the waves of the sea, the Lord on high is mighty!

Psalm 93:4

Jesus got into the boat with them, and the wind ceased. And they were utterly astounded.

Mark 6:51

Psalm 93 (English Standard Version)

1 The Lord reigns; he is robed in majesty;
the Lord is robed; he has put on strength as his belt.
Yes, the world is established; it shall never be moved.
2 Your throne is established from of old;
you are from everlasting.
3 The floods have lifted up, O Lord,
the floods have lifted up their voice;
the floods lift up their roaring.
4 Mightier than the thunders of many waters,
mightier than the waves of the sea,
the Lord on high is mighty!
5 Your decrees are very trustworthy;
holiness befits your house,
O Lord, forevermore.

Read more...(to top)

Markus 6 (English Standard Version)

48 And he saw that they were making headway painfully, for the wind was against them. And about the fourth watch of the night he came to them, walking on the sea. He meant to pass by them,
49 but when they saw him walking on the sea they thought it was a ghost, and cried out,
50 for they all saw him and were terrified. But immediately he spoke to them and said,
“Take heart; it is I. Do not be afraid.”
51 And he got into the boat with them, and the wind ceased. And they were utterly astounded,
52 for they did not understand about the loaves, but their hearts were hardened.
53 When they had crossed over, they came to land at Gennesaret and moored to the shore.
54 And when they got out of the boat, the people immediately recognized him

Read more...(to top)