Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Dinsdag 17 Maart 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.

Jesaja 53:6

Ons verheug ons in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.

Romeine 5:11

Jesaja 53 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

3 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.
4 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word.
5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
6 Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
7 Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie.
8 Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes? Hy is gestraf oor die sonde van my volk.
9 Hy het 'n graf gekry by goddeloses, hy was by sondaars in sy dood al het hy geen misdaad gepleeg nie en al was hy nooit vals nie.

Read more...(to top)

Romeine 5 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
9 Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word.
10 Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word.
11 Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.
12 Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.
13 Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie 'n wet is nie.
14 Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie. Daar is ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom,

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

All we like sheep have gone astray; we have turned—every one—to his own way; and the Lord has laid on him the iniquity of us all.

Isaiah 53:6

We rejoice in God through our Lord Jesus Christ, through whom we have now received reconciliation.

Romans 5:11

Jesaja 53 (English Standard Version)

3 He was despised and rejected by men;
a man of sorrows, and acquainted with grief;
and as one from whom men hide their faces
he was despised, and we esteemed him not.
4 Surely he has borne our griefs
and carried our sorrows;
yet we esteemed him stricken,
smitten by God, and afflicted.
5 But he was wounded for our transgressions;
he was crushed for our iniquities;
upon him was the chastisement that brought us peace,
and with his stripes we are healed.
6 All we like sheep have gone astray;
we have turned—every one—to his own way;
and the Lord has laid on him
the iniquity of us all.
7 He was oppressed, and he was afflicted,
yet he opened not his mouth;
like a lamb that is led to the slaughter,
and like a sheep that before its shearers is silent,
so he opened not his mouth.
8 By oppression and judgment he was taken away;
and as for his generation, who considered
that he was cut off out of the land of the living,
stricken for the transgression of my people?
9 And they made his grave with the wicked
and with a rich man in his death,
although he had done no violence,
and there was no deceit in his mouth.

Read more...(to top)

Romeine 5 (English Standard Version)

8 but God shows his love for us in that while we were still sinners, Christ died for us.
9 Since, therefore, we have now been justified by his blood, much more shall we be saved by him from the wrath of God.
10 For if while we were enemies we were reconciled to God by the death of his Son, much more, now that we are reconciled, shall we be saved by his life.
11 More than that, we also rejoice in God through our Lord Jesus Christ, through whom we have now received reconciliation.
12 Therefore, just as sin came into the world through one man, and death through sin, and so death spread to all men because all sinned—
13 for sin indeed was in the world before the law was given, but sin is not counted where there is no law.
14 Yet death reigned from Adam to Moses, even over those whose sinning was not like the transgression of Adam, who was a type of the one who was to come.

Read more...(to top)