Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Donderdag 19 Maart 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Kan 'n mens ooit onskuldig wees in die oë van God en sonder blaam voor sy Maker staan?

Job 4:17

Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

Romeine 3:23-24

Job 4 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

14 Vrees en angs het my oorval, my liggaam het verskriklik gebewe.
15 'n Gees het voor my verby gesweef, en my hare het orent gaan staan.
16 "Die gees het stil gaan staan. Hoe hy lyk, kon ek nie sien nie, daar was net 'n gedaante voor my. Dit was stil en toe hoor ek 'n stem:
17 'Kan 'n mens ooit onskuldig wees in die oë van God en sonder blaam voor sy Maker staan?
18 In sy hemelse dienaars stel Hy geen vertroue nie, voor Hom is selfs sy engele vol gebreke,
19 hoeveel te meer hulle wat in huise van klei woon, mense wat uit stof opgebou is, mense wat soos 'n mot pap gedruk kan word.
20 Tussen oggend en aand word hulle vernietig, hulle verdwyn vir altyd en word vergeet,

Read more...(to top)

Romeine 3 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

20 Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die wet leer 'n mens wat sonde is.
21 Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie,
22 maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo.
23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,
24 maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.
25 Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.
26 -.
27 Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Can mortal man be in the right before God? Can a man be pure before his Maker?

Job 4:17

All have sinned and fall short of the glory of God, and are justified by his grace as a gift, through the redemption that is in Christ Jesus.

Romans 3:23-24

Job 4 (English Standard Version)

14 dread came upon me, and trembling,
which made all my bones shake.
15 A spirit glided past my face;
the hair of my flesh stood up.
16 It stood still,
but I could not discern its appearance.
A form was before my eyes;
there was silence, then I heard a voice:
17 ‘Can mortal man be in the right before God?
Can a man be pure before his Maker?
18 Even in his servants he puts no trust,
and his angels he charges with error;
19 how much more those who dwell in houses of clay,
whose foundation is in the dust,
who are crushed like the moth.
20 Between morning and evening they are beaten to pieces;
they perish forever without anyone regarding it.

Read more...(to top)

Romeine 3 (English Standard Version)

20 For by works of the law no human being will be justified in his sight, since through the law comes knowledge of sin.
21 But now the righteousness of God has been manifested apart from the law, although the Law and the Prophets bear witness to it—
22 the righteousness of God through faith in Jesus Christ for all who believe. For there is no distinction:
23 for all have sinned and fall short of the glory of God,
24 and are justified by his grace as a gift, through the redemption that is in Christ Jesus,
25 whom God put forward as a propitiation by his blood, to be received by faith. This was to show God's righteousness, because in his divine forbearance he had passed over former sins.
26 It was to show his righteousness at the present time, so that he might be just and the justifier of the one who has faith in Jesus.
27 Then what becomes of our boasting? It is excluded. By what kind of law? By a law of works? No, but by the law of faith.

Read more...(to top)