Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Sondag 15 Junie 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien.

2 Konings 20:5

God sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.

Openbaring 21:4

2 Konings 20 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

2 Toe draai Hiskia sy gesig na die muur toe en hy bid tot die Here:
3 "Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oë." Hiskia het bitterlik gehuil.
4 Jesaja was nog nie die binneplein van die stad oor nie toe die woord van die Here tot hom kom en sê:
5 "Gaan terug en sê vir Hiskia, die leier van my volk: So sê die Here, die God van jou voorvader Dawid: Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien. Ek gaan jou gesond maak, en jy sal oormôre weer na die huis van die Here toe kan gaan.
6 Ek sal jou lewe met vyftien jaar verleng en jou en dié stad red uit die mag van die koning van Assirië. Ek sal dié stad beskerm, om my ontwil en om my dienaar Dawid se ontwil."
7 Jesaja het toe opdrag gegee dat hulle 'n vyekoek moet bring en op die sweer moet sit, en die koning het beter geword.
8 Toe vra Hiskia vir Jesaja: "Wat is die teken dat die Here my sal gesond maak en dat ek oormôre weer na die huis van die Here toe sal gaan?"

Read more...(to top)

Openbaring 21 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie.
2 En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is.
3 Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: "Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.
4 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan."
5 Toe sê Hy wat op die troon sit: "Kyk, Ek maak alles nuut." En daarna sê Hy: "Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar."
6 Verder sê Hy vir my: "Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet.
7 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

I have heard your prayer; I have seen your tears.

2 Kings 20:5

God will wipe away every tear from their eyes, and death shall be no more, neither shall there be mourning, nor crying, nor pain anymore, for the former things have passed away.

Revelation 21:4

2 Konings 20 (English Standard Version)

2 Then Hezekiah turned his face to the wall and prayed to the Lord, saying,
3 “Now, O Lord, please remember how I have walked before you in faithfulness and with a whole heart, and have done what is good in your sight.” And Hezekiah wept bitterly.
4 And before Isaiah had gone out of the middle court, the word of the Lord came to him:
5 “Turn back, and say to Hezekiah the leader of my people, Thus says the Lord, the God of David your father: I have heard your prayer; I have seen your tears. Behold, I will heal you. On the third day you shall go up to the house of the Lord,
6 and I will add fifteen years to your life. I will deliver you and this city out of the hand of the king of Assyria, and I will defend this city for my own sake and for my servant David's sake.”
7 And Isaiah said, “Bring a cake of figs. And let them take and lay it on the boil, that he may recover.”
8 And Hezekiah said to Isaiah, “What shall be the sign that the Lord will heal me, and that I shall go up to the house of the Lord on the third day?”

Read more...(to top)

Openbaring 21 (English Standard Version)

1 Then I saw a new heaven and a new earth, for the first heaven and the first earth had passed away, and the sea was no more.
2 And I saw the holy city, new Jerusalem, coming down out of heaven from God, prepared as a bride adorned for her husband.
3 And I heard a loud voice from the throne saying, “Behold, the dwelling place of God is with man. He will dwell with them, and they will be his people, and God himself will be with them as their God.
4 He will wipe away every tear from their eyes, and death shall be no more, neither shall there be mourning, nor crying, nor pain anymore, for the former things have passed away.”
5 And he who was seated on the throne said, “Behold, I am making all things new.” Also he said, “Write this down, for these words are trustworthy and true.”
6 And he said to me, “It is done! I am the Alpha and the Omega, the beginning and the end. To the thirsty I will give from the spring of the water of life without payment.
7 The one who conquers will have this heritage, and I will be his God and he will be my son.

Read more...(to top)