Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Maandag 16 Junie 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Paulus skryf:

Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word.

1 Korintiërs 15:51

Jesus sê:

Elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie.

Johannes 11:26

1 Korintiërs 15 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

48 Soos die stoflike mens was, so is ook die stoflike mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.
49 Soos ons die beeld van die stoflike mens was, sal ons ook die beeld van die hemelse wees.
50 Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie.
51 Kyk, ek maak 'n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word.
52 By die laaste trompet sal dit in 'n oomblik, in 'n oogknip gebeur, want die trompet sal weerklink, en die dooies sal as onverganklikes opgewek word, en ons sal verander word.
53 Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike.
54 En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: "Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal."

Read more...(to top)

Johannes 11 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

23 Jesus sê toe vir haar: "Jou broer sal uit die dood opstaan."
24 Maar Marta sê vir Hom: "Ek weet hy sal met die opstanding op die laaste dag uit die dood opstaan."
25 Toe sê Jesus vir haar: "Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook;
26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?"
27 "Ja, Here," sê sy vir Hom, "ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom."
28 Nadat sy dit gesê het, het sy haar suster Maria gaan roep en saggies vir haar gesê: "Ons Leermeester is hier, en Hy roep jou."
29 Toe sy dit hoor, het sy gou opgestaan en na Hom toe gegaan.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Paul writes:

We shall not all sleep, but we shall all be changed.

1 Corinthians 15:51

Jesus said:

Everyone who lives and believes in me shall never die.

John 11:26

1 Korintiërs 15 (English Standard Version)

48 As was the man of dust, so also are those who are of the dust, and as is the man of heaven, so also are those who are of heaven.
49 Just as we have borne the image of the man of dust, we shall also bear the image of the man of heaven.
50 I tell you this, brothers: flesh and blood cannot inherit the kingdom of God, nor does the perishable inherit the imperishable.
51 Behold! I tell you a mystery. We shall not all sleep, but we shall all be changed,
52 in a moment, in the twinkling of an eye, at the last trumpet. For the trumpet will sound, and the dead will be raised imperishable, and we shall be changed.
53 For this perishable body must put on the imperishable, and this mortal body must put on immortality.
54 When the perishable puts on the imperishable, and the mortal puts on immortality, then shall come to pass the saying that is written:
“Death is swallowed up in victory.”

Read more...(to top)

Johannes 11 (English Standard Version)

23 Jesus said to her,
“Your brother will rise again.”
24 Martha said to him, “I know that he will rise again in the resurrection on the last day.”
25 Jesus said to her,
“I am the resurrection and the life. Whoever believes in me, though he die, yet shall he live,
26 and everyone who lives and believes in me shall never die. Do you believe this?”
27 She said to him, “Yes, Lord; I believe that you are the Christ, the Son of God, who is coming into the world.”
28 When she had said this, she went and called her sister Mary, saying in private, “The Teacher is here and is calling for you.”
29 And when she heard it, she rose quickly and went to him.

Read more...(to top)