Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Dinsdag 27 Januarie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Jy mag nie agter die meerderheid aan doen wat verkeerd is nie.

Eksodus 23:2

Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou.

Psalm 118:8

Eksodus 23 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 "Jy mag nie skinderstories versprei nie. Jy mag nie met 'n misdadiger saamwerk en in sy guns vals getuienis lewer nie.
2 Jy mag nie agter die meerderheid aan doen wat verkeerd is nie. Wat jy in 'n hofsaak getuig, mag jy nie verdraai nie, al doen die meerderheid dit ook.
3 Wanneer jy regspreek, mag jy 'n arm man nie in sy hofsaak voortrek nie.
4 "Wanneer jy 'n verdwaalde bees of donkie van jou vyand raakloop, moet jy dit beslis na hom toe terugbring.
5 "Wanneer jy iemand wat jou haat, se donkie sien lê onder sy vrag, moet jy hom nie sonder hulp los nie; gaan help hom met sy vrag.

Read more...(to top)

Psalm 118 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

5 In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry.
6 Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?
7 Die Here is by my, Hy help my: ek sal neerkyk op dié wat my haat.
8 Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou.
9 Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou.
10 Nasies het van alle kante af op my afgestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan.
11 Hulle het my omsingel, my van alle kante bestorm. In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

You shall not fall in with the many to do evil.

Exodus 23:2

It is better to take refuge in the Lord than to trust in man.

Psalm 118:8

Eksodus 23 (English Standard Version)

1 “You shall not spread a false report. You shall not join hands with a wicked man to be a malicious witness.
2 You shall not fall in with the many to do evil, nor shall you bear witness in a lawsuit, siding with the many, so as to pervert justice,
3 nor shall you be partial to a poor man in his lawsuit.
4 “If you meet your enemy's ox or his donkey going astray, you shall bring it back to him.
5 If you see the donkey of one who hates you lying down under its burden, you shall refrain from leaving him with it; you shall rescue it with him.

Read more...(to top)

Psalm 118 (English Standard Version)

5 Out of my distress I called on the Lord;
the Lord answered me and set me free.
6 The Lord is on my side; I will not fear.
What can man do to me?
7 The Lord is on my side as my helper;
I shall look in triumph on those who hate me.
8 It is better to take refuge in the Lord
than to trust in man.
9 It is better to take refuge in the Lord
than to trust in princes.
10 All nations surrounded me;
in the name of the Lord I cut them off!
11 They surrounded me, surrounded me on every side;
in the name of the Lord I cut them off!

Read more...(to top)