Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Woensdag 28 Januarie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered.

Psalm 34:7

Maar 'n engel van die Here het in die nag die tronkdeure oopgemaak, die apostels uitgelei en vir hulle gesê: "Gaan staan in die tempel en verkondig aan die volk die volle boodskap van hierdie nuwe lewe."

Handelinge 5:19-20

Psalm 34 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

4 Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys.
5 Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.
6 Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.
7 Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered.
8 Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle.
9 Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.
10 Julle wat aan die Here behoort, dien Hom! Wie Hom dien, het geen gebrek nie.

Read more...(to top)

Handelinge 5 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

16 Daar het ook baie mense van die dorpe in die omgewing van Jerusalem af gekom en siekes gebring en mense wat onder onrein geeste gely het. Hulle is almal gesond gemaak.
17 Die hoëpriester en al sy ondersteuners, wat aan die party van die Sadduseërs behoort het, is met afguns vervul en het besluit om in te gryp.
18 Hulle het die apostels oop en bloot laat vang en in die tronk gestop.
19 Maar 'n engel van die Here het in die nag die tronkdeure oopgemaak, die apostels uitgelei en vir hulle gesê:
20 "Gaan staan in die tempel en verkondig aan die volk die volle boodskap van hierdie nuwe lewe."
21 Hulle het gehoor gegee en die môre vroeg na die tempel toe gegaan en die mense geleer. Intussen het die hoëpriester en sy ondersteuners die leiers van Israel vir 'n volle vergadering van die Joodse Raad bymekaargeroep en wagte na die tronk toe gestuur om die apostels te gaan haal.
22 Maar toe die wagte daar kom, het hulle hulle nie in die tronk gekry nie. Hulle het teruggekom en vertel:
23 "Ons het die tronk behoorlik toegesluit gekry en die bewaarders op hulle pos voor die deure; maar toe ons oopmaak en ingaan, was daar niemand nie."

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

This poor man cried, and the Lord heard him and saved him out of all his troubles.

Psalm 34:6

During the night an angel of the Lord opened the prison doors and brought them out, and said, Go and stand in the temple and speak to the people all the words of this Life.

Acts 5:19-20

Psalm 34 (English Standard Version)

3 Oh, magnify the Lord with me,
and let us exalt his name together!
4 I sought the Lord, and he answered me
and delivered me from all my fears.
5 Those who look to him are radiant,
and their faces shall never be ashamed.
6 This poor man cried, and the Lord heard him
and saved him out of all his troubles.
7 The angel of the Lord encamps
around those who fear him, and delivers them.
8 Oh, taste and see that the Lord is good!
Blessed is the man who takes refuge in him!
9 Oh, fear the Lord, you his saints,
for those who fear him have no lack!

Read more...(to top)

Handelinge 5 (English Standard Version)

16 The people also gathered from the towns around Jerusalem, bringing the sick and those afflicted with unclean spirits, and they were all healed.
17 But the high priest rose up, and all who were with him (that is, the party of the Sadducees), and filled with jealousy
18 they arrested the apostles and put them in the public prison.
19 But during the night an angel of the Lord opened the prison doors and brought them out, and said,
20 “Go and stand in the temple and speak to the people all the words of this Life.”
21 And when they heard this, they entered the temple at daybreak and began to teach.
Now when the high priest came, and those who were with him, they called together the council and all the senate of the people of Israel and sent to the prison to have them brought.
22 But when the officers came, they did not find them in the prison, so they returned and reported,
23 “We found the prison securely locked and the guards standing at the doors, but when we opened them we found no one inside.”

Read more...(to top)