Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Vrydag 8 Mei 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Hulle is almal van U afhanklik, U gee hulle kos op hulle tyd. U gee, en hulle eet, U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg.

Psalm 104:27-28

God het bekend gemaak dat dit Hy is wat die goeie dinge gee: Hy het vir julle reën van die hemel af gegee en gereelde oeste; Hy het julle volop kos gegee en julle gelukkig gemaak.

Handelinge 14:17

Psalm 104 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

24 U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep.
25 Daar is die see, groot en wyd, wat wemel van diere, klein en groot.
26 Daar vaar die skepe, en daar is die Leviatan. U het hom gemaak om mee te speel.
27 Hulle is almal van U afhanklik, U gee hulle kos op hulle tyd.
28 U gee, en hulle eet, U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg.
29 Maar as U U terugtrek, is dit klaar met hulle, as U hulle asem wegneem, is hulle dood en word hulle weer stof.
30 U gee die lewensasem en daar is lewe; ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit.
31 Mag daar aan die roem van die Here geen einde wees nie! Mag die werk van die Here Hom vreugde verskaf,

Read more...(to top)

Handelinge 14 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

14 Toe die apostels, Barnabas en Paulus, daarvan hoor, het hulle hulle klere geskeur en tussen die mense ingespring en geskreeu:
15 "Mense, wat vang julle nou aan? Ons is maar net sulke mense soos julle. Ons bring vir julle die goeie boodskap dat julle hierdie sinlose gode moet laat staan en julle tot die lewende God bekeer. Dit is Hy wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het.
16 Hy het in die verlede alle nasies toegelaat om hulle eie koers te gaan,
17 maar tog bekend gemaak dat dit Hy is wat die goeie dinge gee: Hy het vir julle reën van die hemel af gegee en gereelde oeste; Hy het julle volop kos gegee en julle gelukkig gemaak."
18 Maar selfs met hierdie woorde kon die apostels nouliks voorkom dat die mense aan hulle offers bring.
19 Toe het daar Jode van Antiogië en Ikonium af gekom en die mense na hulle kant toe oorgehaal. Hulle het Paulus met klippe gegooi en hom uit die stad gesleep onder die indruk dat hy dood is.
20 Daar het die gelowiges rondom hom kom staan, en hy het opgestaan en weer die stad ingegaan. Die volgende dag het hy en Barnabas na Derbe toe vertrek.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

These all look to you, to give them their food in due season. When you give it to them, they gather it up; when you open your hand, they are filled with good things.

Psalm 104:27-28

God did not leave himself without witness, for he did good by giving you rains from heaven and fruitful seasons, satisfying your hearts with food and gladness.

Acts 14:17

Psalm 104 (English Standard Version)

24 O Lord, how manifold are your works!
In wisdom have you made them all;
the earth is full of your creatures.
25 Here is the sea, great and wide,
which teems with creatures innumerable,
living things both small and great.
26 There go the ships,
and Leviathan, which you formed to play in it.
27 These all look to you,
to give them their food in due season.
28 When you give it to them, they gather it up;
when you open your hand, they are filled with good things.
29 When you hide your face, they are dismayed;
when you take away their breath, they die
and return to their dust.
30 When you send forth your Spirit, they are created,
and you renew the face of the ground.
31 May the glory of the Lord endure forever;
may the Lord rejoice in his works,

Read more...(to top)

Handelinge 14 (English Standard Version)

14 But when the apostles Barnabas and Paul heard of it, they tore their garments and rushed out into the crowd, crying out,
15 “Men, why are you doing these things? We also are men, of like nature with you, and we bring you good news, that you should turn from these vain things to a living God, who made the heaven and the earth and the sea and all that is in them.
16 In past generations he allowed all the nations to walk in their own ways.
17 Yet he did not leave himself without witness, for he did good by giving you rains from heaven and fruitful seasons, satisfying your hearts with food and gladness.”
18 Even with these words they scarcely restrained the people from offering sacrifice to them.
19 But Jews came from Antioch and Iconium, and having persuaded the crowds, they stoned Paul and dragged him out of the city, supposing that he was dead.
20 But when the disciples gathered about him, he rose up and entered the city, and on the next day he went on with Barnabas to Derbe.

Read more...(to top)