Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Saterdag 9 Mei 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.

Psalm 1:3

Toe Ek jou geplant het, was jy 'n goeie wingerdstok, opreg gekweek, maar hoe het jy nie verander in onkruid, in 'n wilde wingerdstok nie!

Jeremia 2:21

Psalm 1 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,
2 maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.
3 Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
4 So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word.
5 Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.
6 Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.

Read more...(to top)

Jeremia 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

18 Wat wil jy bereik deur na Egipte toe te gaan en water uit die Nyl te gaan drink? Wat wil jy bereik deur na Assirië toe te gaan en water uit die Eufraat te gaan drink?
19 Die kwaad wat jy gedoen het, sal jou straf word; omdat jy van My af weggedraai het, sal jy daaronder ly. Jy sal agterkom hoe rampspoedig dit is, jy sal proe hoe bitter dit is om My, die Here jou God, te verlaat, om geen eerbied meer vir My te hê nie, sê die Here God, die Almagtige.
20 Jy het my gesag lankal verwerp, jou van My losgemaak, geweier om My te dien; jy het op elke hoë heuwel en onder elke groen boom aan tempelprostitusie deelgeneem en so die afgode gedien.
21 Toe Ek jou geplant het, was jy 'n goeie wingerdstok, opreg gekweek, maar hoe het jy nie verander in onkruid, in 'n wilde wingerdstok nie!
22 Al sou jy jou was met loog of met hoe baie seep, Ek sal nog die vlekke van jou sonde sien, sê die Here my God.
23 Hoe kan jy dan sê: "Ek het my nie verontreinig nie, ek het nie die Baäls gedien nie"? Kyk hoe het jy jou gedra in die Hinnomdal. Besef tog wat jy gedoen het! Jy was soos 'n kameelkoei wat bul soek, wat kruis en dwars hardloop,
24 soos 'n wildedonkie wat tuis is in die woestyn. Jy was soos 'n bronstige kameelkoei wat die wind opsnuif, wat onkeerbaar is in haar hittigheid. Die bulle wat haar soek, hoef hulle nie moeg te hardloop agter haar aan nie; wanneer sy wil paar, kry hulle haar maklik.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

The righteous is like a tree planted by streams of water that yields its fruit in its season, and its leaf does not wither. In all that he does, he prospers.

Psalm 1:3

I planted you a choice vine, wholly of pure seed. How then have you turned degenerate and become a wild vine?

Jeremiah 2:21

Psalm 1 (English Standard Version)

1 Blessed is the man
who walks not in the counsel of the wicked,
nor stands in the way of sinners,
nor sits in the seat of scoffers;
2 but his delight is in the law of the Lord,
and on his law he meditates day and night.
3 He is like a tree
planted by streams of water
that yields its fruit in its season,
and its leaf does not wither.
In all that he does, he prospers.
4 The wicked are not so,
but are like chaff that the wind drives away.
5 Therefore the wicked will not stand in the judgment,
nor sinners in the congregation of the righteous;
6 for the Lord knows the way of the righteous,
but the way of the wicked will perish.

Read more...(to top)

Jeremia 2 (English Standard Version)

18 And now what do you gain by going to Egypt
to drink the waters of the Nile?
Or what do you gain by going to Assyria
to drink the waters of the Euphrates?
19 Your evil will chastise you,
and your apostasy will reprove you.
Know and see that it is evil and bitter
for you to forsake the Lord your God;
the fear of me is not in you,
declares the Lord God of hosts.
20 “For long ago I broke your yoke
and burst your bonds;
but you said, ‘I will not serve.’
Yes, on every high hill
and under every green tree
you bowed down like a whore.
21 Yet I planted you a choice vine,
wholly of pure seed.
How then have you turned degenerate
and become a wild vine?
22 Though you wash yourself with lye
and use much soap,
the stain of your guilt is still before me,
declares the Lord God.
23 How can you say, ‘I am not unclean,
I have not gone after the Baals’?
Look at your way in the valley;
know what you have done—
a restless young camel running here and there,
24 a wild donkey used to the wilderness,
in her heat sniffing the wind!
Who can restrain her lust?
None who seek her need weary themselves;
in her month they will find her.

Read more...(to top)