Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

>> Die Woord vir Saterdag 8 Augustus 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Die gebod is baie naby aan jou, jy kan daaroor praat, jy ken dit, jy kan daarvolgens lewe.

Deuteronomium 30:14

Die liefde vir God bestaan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie.

1 Johannes 5:3

Deuteronomium 30 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

11 "Die gebod wat ek jou vandag beveel, is nie te moeilik vir jou nie. Dit is ook nie buite jou bereik nie.
12 Dit is nie in die hemel nie, sodat jy nie hoef te sê: 'Wie sal vir ons opklim hemel toe om die gebod vir ons te gaan haal en ons dit mee te deel sodat ons daarvolgens kan lewe' nie.
13 Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy nie hoef te sê: 'Wie sal vir ons oorvaar na die oorkant toe om die gebod vir ons te gaan haal en ons dit mee te deel sodat ons daarvolgens kan lewe' nie.
14 Die gebod is baie naby aan jou, jy kan daaroor praat, jy ken dit, jy kan daarvolgens lewe.
15 "Ek het vandag die lewe en die voorspoed, die dood en die teenspoed aan jou voorgehou.
16 As jy die Here jou God liefhet en sy wil doen deur sy gebooie, sy voorskrifte en sy bepalings wat ek jou vandag gegee het, te gehoorsaam, sal jy lewe en baie word en sal die Here jou God jou voorspoedig maak in die land wat jy in besit gaan neem.
17 Maar ek verkondig vandag aan julle: As jy van die Here af wegdraai en Hom nie gehoorsaam nie en as jy jou laat verlei om ander gode te vereer en te dien, sal julle almal omkom; julle sal nie lank bly woon in die land wat jy in besit gaan neem sodra jy deur die Jordaan getrek het nie.

Read more...(to top)

1 Johannes 5 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is 'n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is.
2 Hiéraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie onderhou.
3 Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie,
4 want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.
5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
6 Die Een wat deur die water van sy doop en die bloed van sy dood na ons toe gekom het, is Jesus Christus; nie net deur die water nie, maar deur die water én die bloed. Die Gees is die getuie daarvan, en die Gees is die waarheid.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

The word is very near you. It is in your mouth and in your heart, so that you can do it.

Deuteronomy 30:14

This is the love of God, that we keep his commandments. And his commandments are not burdensome.

1 John 5:3

Deuteronomium 30 (English Standard Version)

11 “For this commandment that I command you today is not too hard for you, neither is it far off.
12 It is not in heaven, that you should say, ‘Who will ascend to heaven for us and bring it to us, that we may hear it and do it?’
13 Neither is it beyond the sea, that you should say, ‘Who will go over the sea for us and bring it to us, that we may hear it and do it?’
14 But the word is very near you. It is in your mouth and in your heart, so that you can do it.
15 “See, I have set before you today life and good, death and evil.
16 If you obey the commandments of the Lord your God that I command you today, by loving the Lord your God, by walking in his ways, and by keeping his commandments and his statutes and his rules, then you shall live and multiply, and the Lord your God will bless you in the land that you are entering to take possession of it.
17 But if your heart turns away, and you will not hear, but are drawn away to worship other gods and serve them,

Read more...(to top)

1 Johannes 5 (English Standard Version)

1 Everyone who believes that Jesus is the Christ has been born of God, and everyone who loves the Father loves whoever has been born of him.
2 By this we know that we love the children of God, when we love God and obey his commandments.
3 For this is the love of God, that we keep his commandments. And his commandments are not burdensome.
4 For everyone who has been born of God overcomes the world. And this is the victory that has overcome the world—our faith.
5 Who is it that overcomes the world except the one who believes that Jesus is the Son of God?
6 This is he who came by water and blood—Jesus Christ; not by the water only but by the water and the blood. And the Spirit is the one who testifies, because the Spirit is the truth.

Read more...(to top)