Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Maandag 10 Augustus 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Die dag van die Here is naby, naby vir al die nasies. Wat jy gedoen het, Edom, sal aan jou gedoen word, jou dade sal op jou eie kop afkom.

Obadja 15

Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening.

1 Petrus 2:12

Obadja 1 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

12 Jy moes jou nie daarin verlekker het dat jou broer se dag gekom het nie, die dag toe die ongeluk hom getref het; jy moes nie so bly gewees het oor wat gebeur het met die mense van Juda die dag toe hulle omgekom het nie; jy moes nie so uit die hoogte gepraat het die dag toe die ellende hulle getref het nie;
13 jy moes nie die poorte van my volk binnegegaan het die dag toe die ramp hom getref het nie; jy moes jou nie ook verlekker het in sy ongeluk die dag toe die ramp hom getref het nie; jy moes nie sy besittings geroof het die dag toe die ramp hom getref het nie;
14 jy moes nie by die kruispaaie gaan staan het om sy vlugtelinge dood te maak nie; jy moes nie sy oorlewendes uitgelewer het die dag toe die ellende hom getref het nie.
15 Die dag van die Here is naby, naby vir al die nasies. Wat jy gedoen het, Edom, sal aan jou gedoen word, jou dade sal op jou eie kop afkom.
16 Soos julle, my volk Jakob, die oordeelsbeker moes drink op my heilige berg, so sal die ander nasies dit drink, maar sonder ophou, hulle sal drink en sluk, en hulle sal word asof hulle nooit bestaan het nie.
17 Maar op Sionsberg sal daar uitkoms kom, dit sal weer 'n heilige plek wees. Die volk van Jakob sal weer in besit neem wat aan hom behoort.
18 Die volk van Jakob sal die vuur wees, die volk van Josef die vlam, en die volk van Esau die strooi: Josef sal hom brand en hom verteer, en van die volk van Esau sal niemand oorbly nie. Die Here het dit gesê.

Read more...(to top)

1 Petrus 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

9 Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.
10 Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.
11 Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net 'n mens se lewe.
12 Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening.
13 Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is
14 of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys.
15 Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

The day of the Lord is near upon all the nations. As you have done, it shall be done to you; your deeds shall return on your own head.

Obadiah 15

Keep your conduct among the Gentiles honorable, so that when they speak against you as evildoers, they may see your good deeds and glorify God on the day of visitation.

1 Peter 2:12

Obadja 1 (English Standard Version)

12 But do not gloat over the day of your brother
in the day of his misfortune;
do not rejoice over the people of Judah
in the day of their ruin;
do not boast
in the day of distress.
13 Do not enter the gate of my people
in the day of their calamity;
do not gloat over his disaster
in the day of his calamity;
do not loot his wealth
in the day of his calamity.
14 Do not stand at the crossroads
to cut off his fugitives;
do not hand over his survivors
in the day of distress.
15 For the day of the Lord is near upon all the nations.
As you have done, it shall be done to you;
your deeds shall return on your own head.
16 For as you have drunk on my holy mountain,
so all the nations shall drink continually;
they shall drink and swallow,
and shall be as though they had never been.
17 But in Mount Zion there shall be those who escape,
and it shall be holy,
and the house of Jacob shall possess their own possessions.
18 The house of Jacob shall be a fire,
and the house of Joseph a flame,
and the house of Esau stubble;
they shall burn them and consume them,
and there shall be no survivor for the house of Esau,
for the Lord has spoken.

Read more...(to top)

1 Petrus 2 (English Standard Version)

9 But you are a chosen race, a royal priesthood, a holy nation, a people for his own possession, that you may proclaim the excellencies of him who called you out of darkness into his marvelous light.
10 Once you were not a people, but now you are God's people; once you had not received mercy, but now you have received mercy.
11 Beloved, I urge you as sojourners and exiles to abstain from the passions of the flesh, which wage war against your soul.
12 Keep your conduct among the Gentiles honorable, so that when they speak against you as evildoers, they may see your good deeds and glorify God on the day of visitation.
13 Be subject for the Lord's sake to every human institution, whether it be to the emperor as supreme,
14 or to governors as sent by him to punish those who do evil and to praise those who do good.
15 For this is the will of God, that by doing good you should put to silence the ignorance of foolish people.

Read more...(to top)