Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Vrydag 14 Augustus 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?

1 Korintiërs 3:16

Paulus skryf:

Nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.

Galasiërs 2:20

1 Korintiërs 3 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

13 elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets.
14 As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word;
15 as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.
16 Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?
17 As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.
18 Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld 'n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik 'n wyse mens kan word,
19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan tog geskrywe: "Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne,"

Read more...(to top)

Galasiërs 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

17 As uit ons soeke na vryspraak in Christus geblyk het dat ons ook sondaars is, beteken dit dan dat Christus in diens van die sonde staan? Beslis nie!
18 Maar as ek die bepalings van die wet wat ek nietig verklaar het, weer laat geld, dan maak ek myself daarmee tot 'n oortreder.
19 Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig,
20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.
21 Ek verwerp nie die genade van God nie. As 'n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Do you not know that you are God's temple and that God's Spirit dwells in you?

1 Corinthians 3:16

Paul writes:

It is no longer I who live, but Christ who lives in me.

Galatians 2:20

1 Korintiërs 3 (English Standard Version)

13 each one's work will become manifest, for the Day will disclose it, because it will be revealed by fire, and the fire will test what sort of work each one has done.
14 If the work that anyone has built on the foundation survives, he will receive a reward.
15 If anyone's work is burned up, he will suffer loss, though he himself will be saved, but only as through fire.
16 Do you not know that you are God's temple and that God's Spirit dwells in you?
17 If anyone destroys God's temple, God will destroy him. For God's temple is holy, and you are that temple.
18 Let no one deceive himself. If anyone among you thinks that he is wise in this age, let him become a fool that he may become wise.
19 For the wisdom of this world is folly with God. For it is written, “He catches the wise in their craftiness,”

Read more...(to top)

Galasiërs 2 (English Standard Version)

17 But if, in our endeavor to be justified in Christ, we too were found to be sinners, is Christ then a servant of sin? Certainly not!
18 For if I rebuild what I tore down, I prove myself to be a transgressor.
19 For through the law I died to the law, so that I might live to God.
20 I have been crucified with Christ. It is no longer I who live, but Christ who lives in me. And the life I now live in the flesh I live by faith in the Son of God, who loved me and gave himself for me.
21 I do not nullify the grace of God, for if righteousness were through the law, then Christ died for no purpose.

Read more...(to top)