Skip navigation and move to Contents...

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

⛶Die Woord vir Donderdag 8 Oktober 2026

Ek het julle lief, sê die Here.

Maleagi 1:2

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Johannes 3:16

Maleagi 1

1 'n Uitspraak van die Here. 'n Woord van die Here aan Israel deur Maleagi.
2 Ek het julle lief, sê die Here. Maar julle vra: "Hoe het U ons lief?" Esau was tog Jakob se broer, sê die Here, en tog het Ek vir Jakob liefgehad
3 en vir Esau gehaat. Ek het sy bergland 'n verlate plek gemaak, sy woongebied vir die woestynjakkalse gegee.

Johannes 3

15 sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.
16 "God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
af Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)